Naskool

Naskool vir ander skole

Inleiding

Elturion Naskool is oop vir alle skole in die omgewing maar ons hoof fokus is Hennopspark Laerskool. Slegs leerders van Hennopspark Laerskool word by die skool afgehaal. Leerders van ander skole moet asb self reëlings tref om by Elturion Naskool te kom. Ons maak voorsiening vir Graag R tot Graad 7.

Kontak Besonderhede: (012) 654-6446 of 079 531-6358.


Tye

Die Naskool is elke skooldag oop tot 17:30. Vakansie tye is die Naskool oop vanaf 6:45 tot 17:30.


Naskool Roetine

Die kinders word elke middag by Hennopspark Laerskool afgehaal en vergesel na die Naskool.

By die Naskool word daar geëet. Na ete word daar met huiswerk begin. Eerste huiswerk klas begin om 14:00 en duur tot 15:00. Die kinders kom dan uit en as hulle nog nie klaar is met huiswerk nie begin 2de huiswerk klas 15:15 tot 16:00 uur. In alle klasse is daar toesig.

Na huiswerk kan die kinders hul Naskool klere aantrek. Vryspeel vind dan plaas totdat hulle huis toe gaan.

Indien ‘n kind betrokke is by ‘n aktiwiteit word hulle na die aktiwiteit vergesel en na die aktiwiteit weer vergesel na die Naskool toe.


Skoolvakansies en Publiekevakansiedae

Die Naskool is skoolvakansies oop sonder ekstra koste. Een week in die Junie/Julie vakansie is die Naskool gesluit. Die Naskool sluit in Desember die Vrydag na die skole gesluit het. Ander tye wat die Naskool gesluit sal wees soos bv. Langnaweke en skoolvakansiedae sal vroeg in Januarie dmv die Nuusbrief aan ouers gekommunikeer word.


Vakansie roetine

Aangesien ons geen ekstra geld vir vakansies vra nie versoek ons die ouers om seker te maak die Naskool maats ontbyt by die huis eet en ‘n broodjie vir 10 uur inpak. Vanaf middagete geld dieselfde roetine as op enige ander dag en is ons verantwoordelik vir middagete, vrugte en laatmiddag broodjies.


Kostes

Registrasiefooi/Jaarlikse admin fooi: R100.00 per kind. Die fooie vir die naskool beloop R750.00 vir die eerste kind en daarna is dit min 5% vir elk van die daaropvolgende kind/ers. Die fooie is egter net vir elf maande dws ouers betaal nie vir Desembers nie. Naskool fooie is vooruit betaalbaar.


Alergië en Mediese inligting

Dit is vir ons uiters belangrik dat hierdie gedeelte van die inskrywingsvorm volledig ingevul word. Naskool personeel is opgelei in basiese noodhulp.


Snoepie

Snoepie fasiliteite is beskikbaar. Klein maar voorsien in die basiese behoeftes van die kinders.


Algemeen

Kontak ons gerus as u Naskool wil kom besigtig. Hoop regtig om van u te hoor en dit sal vir ons ‘n voorreg wees om na jul kind/ers om te sien.